Dienste en Fasiliteite
Meerhofskool se personeel word in 3 groepe verdeel wat insluit onderwyspersoneel, professionele personeel soos arbeidsterapeute, fisioterapeute, spraakterapeute, sielkundiges en remediërende onderwyser. Daar is ook ‘n maatskaplike werker op die personeel. ‘n Bemande siekeboeg met gekwalifseerde verpleegkundiges sien toe dat die leerders se mediese versorging nie agterweë bly nie. Die nie-onderwys sluit in die versorgingspersoneel wat bestaan uit die huismoeders, algemene assistente, kokke en algemene werkers.
Daar is 4 koshuise, ‘n junior dogter- en seunskoshuis en ‘n senior dogter- en seunskoshuis. Daar is ook ‘n washuis wat die leerders se klere versorg.
Ons fasiliteite sluit in:
Swembad
Pottebakkersentrum
Tennisbaan
Netbalbaan
Atletiekveld
Skool
Koshuise
Arbeidsterapielokaal
Kapel
Spraak lokaal
Fisio lokaal
Kleutersentrum
Verbruikersentrum