Welkom by Meerhofskool.
Van afhanklikheid tot selfstandigheid.

Elke leerder by Meerhofskool is spesiaal, uniek en anders begaafd. Ons personeel kan en wil ‘n verskil in elke leerder se lewe maak. Dit is ‘n omgee –plek waar lewenslus en vreugde voorop gestel word nieteenstaande die spesifieke gestremdheid en beperking van die leerders.

 
Meerh -60.JPG
Meerh -21.jpg
 
Meerh -182.JPG

Vissie en Missie

Ons bied aan leerders met gestremdhede, gespesialiseerde onderwys en opleiding. Hierdeur lei ons leerders van afhanklikheid tot selfstandigheid.

Die personeelkorps is spesiale mense met ‘n roeping op hul lewe. Elke leerder is spesiaal, uniek en anders begaafd. Almal wil die leerders in totaliteit vorm en die welstand van elke leerder word voorop gestel. Personeel kan en wil ‘n verskil in elke leerder se lewe maak. Dit is ‘n omgee –plek waar lewenslus en vreugde voorop gestel word nieteenstaande die spesifieke gestremdheid en beperking van die leerders.


Meerhofskool se personeel word in 3 groepe verdeel wat insluit onderwyspersoneel, professionele personeel soos arbeidsterapeute, fisioterapeute, spraakterapeute, sielkundiges en remediërende onderwyser.  Daar is ook ‘n maatskaplike werker op die personeel. ‘n Bemande siekeboeg met gekwalifseerde verpleegkundiges  sien toe dat die leerders se mediese versorging nie agterweë bly nie. Die nie-onderwys sluit in die versorgingspersoneel wat bestaan uit die huismoeders, algemene assistente, kokke en algemene werkers.

Daar is 4 koshuise, ‘n junior dogter- en seunskoshuis en ‘n senior dogter- en seunskoshuis. Daar is ook ‘n washuis wat die leerders se klere versorg.

Dienste


Die hoof

Meerh -211.JPG

Kobus van der Merwe


Ons werk baie hard om ons beeld in die gemeenskap te verbeter. Mense dink dat ons nie 'n behoorlike skool is nie ... Ons volg dieselfde KABV-kurrikulum wat al die hoofstroomskole in die land moet volg. Ons skryf dieselfde Senior Sertifikaat-eksamen as al die ander skole,  die enigste verskil is dat ons leerders, personeel en ouers soveel harder moet werk om goeie resultate te behaal. Ons is nie 'n "ag siestog" plek nie. Hier is 'n positiewe atmosfeer en baie positiewe energie, selfs al word ons elke dag met die  gebrokenheid van die wêreld gekonfronteer. Ons leef bo ons omstandighede uit  maak gebruik van die beste wat ons het tot die beste van ons vermoëns. Hier kompeteer ons nie teen ander nie,  maar teen onsself , so  word ek  die beste self wat ek kan wees.

 Werk met, en om deel te wees van die wêreld van die gestremde het my menswees verryk tot so 'n mate dat ek nou baie meer dankbaar is vir wie en wat ek is. Dit het my ook geleer dat ‘n gestremde persoon nie bejammer moet word nie maar menswaardig hanteer moet word. Daarom salueer ek elke leerder in die skool wat elke dag soveel hindernisse en reuse in hul lewens die hoof bied.

Ek voel nederig en bevoorreg met die wete  dat God my waardig gevind het om die hoof van 'n instelling soos Meerhofskool te wees. Hier waar daar so baie begaafde mense met die kroon van Sy skepping  werk.

Mag Sy genade en barmhartigheid ons lei en met elke personeellid, leerder en ouer  wees wat deel vorm van die Meerhofgesin.