CURRICULUM

Ons skool bied gedifferesiëerde onderrig aan leerders vanaf Graad RR tot Graad 12 en volg so al die skole in die land die Nasionale CAPS-kurrikulum . Leerders ontvang konsessies vanaf die NWOD om hulle te help en ons spog met ‘n 100% slaagsyfer in Graad 12 vir die afgelope 10 jaar.

Ons leerareas is soos volg:

Graad R tot Graad 9 al die vakke soos departementeel voorgeskryf.
Vakke vir Graad 10 tot 12 sluit in:

  • Afrikaans Huistaal/Eerste addisionele taal

  • Engels Huistaal/Eerste addisionele taal

  • Wiskunde/Wiskundige Geletterdheid

  • Lewensoriëntering

  • Rekenaar Toepassings Tegnologie

  • Toerisme

  • Geskiedenis

  • Verbruikerstudies

  • Inligtingstegnologie

 
Meerh -172.JPG
Meerh -164.JPG
Meerh -144.JPG
 

Tegniese Beroepsgerigte Fase

Daar is ook ‘n Tegniese Beroepsgerigte fase vir leerders wat fisiek gestremd is en na graad 4 nie die akademiese baan kan volg nie. Hulle doen vaardigheidsopleiding maar ook die 4  kernvakke Huistaal, Engels, Wiskunde en Lewenswetenskappe.

Vaardigheidsvakke sluit in:

  • Basiese instandhouding

  • Huishoudkunde

  • Haarkappery

  • Pottebakkery

  • Tuinbou

  • Naaldwerk